
5 Ster Google gradering. Vertrou deur Suid-Afrikaanse besighede.
Ons help besighede om te groei.
Webwerwe en digitale bemarkingsdienste wat jou sigbaarheid verhoog en nuwe kliënte lok.
Met trots in Afrikaans
Wat ons doen
01
Bou Die Fondasie
(Jou Digitale Teenwoordigheid)
Alles wat ’n besigheid nodig het om ’n professionele merk aanlyn te maak.
-
Webtuistes: Bekostigbare, vinnige en selfoon-vriendelike ontwerpe wat kliënte lok en behou. Van eenvoudige statiese blaaie en volledige e-handelwinkels (E-com) tot unieke, pasgemaakte oplossings.
-
SEO & Google: Ons maak seker kliënte vind jou op Google en dat jou besigheidsprofiel korrek en op datum is.
-
Web- en E-posgasheer (Hosting): Veilige en betroubare diens vir jou e-posse en webblad, sodat jou besigheid nooit “af” is nie.
02
Versnel Jou Groei
(Navrae-generasie & Strategie)
Verander jou digitale teenwoordigheid in ’n verkoopmasjien.
-
Google & Sosiale Media Advertensies: Ons plaas jou besigheid reg voor die oë van die mense wat reeds gereed is om te koop.
-
Strategie: Ons sit saam met jou om die tafel om jou besigheid werklik te verstaan en ’n padkaart te ontwerp wat jou verkope help groei.
-
Sosiale Media Bestuur: Ons hou jou platforms lewendig en relevant met gereelde plasings, sodat jy voltyds op jou besigheid kan fokus.
03
Skep Inhoud
(Ander Kreatiewe Dienste)
Laat jou handelsmerk professioneel lyk en klink.
- Inhoudskepping: Treffende kort video’s en grafika wat ontwerp is om die oog te vang en jou boodskap vinnig oor te dra.
-
Potgooi-ateljee (Podcast Studio): Vertel jou storie en bou gesag in jou bedryf met hoë-gehalte klank- en video-opnames in ons ateljee.
- Produkfoto’s: Professionele hoë-resolusie foto’s wat jou produkte laat uitstaan bo die kompetisie.
Hoe ons werk
Ons begin by jou besigheid
Ons neem tyd om jou besigheid regtig te leer ken, jou doelwitte, jou kliënte, jou bedryf en wat jou uniek maak. Voordat enige ontwerp begin, sorg ons dat ons presies verstaan wat jy wil bereik.
Ons beplan met ‘n doel
Elke projek begin met ’n duidelike plan. Ons dink deur elke bladsy, uitleg en element om seker te maak jou boodskap vinnig sin maak vir besoekers en hulle natuurlik lei na die volgende stap, of dit nou kontak maak, navraag doen of jou dienste verken is.
Ons ontwerp en bou
Ons ontwerp en bou skoon duidelike inhoud, logiese struktuur en ’n sterk tegniese grondslag. Alles word mobiel-vriendelik, SEO-bewus en gebruiksvriendelik opgebou, sodat jou inhoud professioneel.
Ons toets en verfyn
Voor bekendstelling toets ons jou webwerf deeglik op selfoon, tablet en rekenaar. Ons kyk na uitleg, leesbaarheid, spoed en funksionaliteit om seker te maak alles werk soos dit moet en ’n goeie gebruikerservaring bied op elke toestel.
Ons gaan “live” en ondersteun jou verder
Sodra jou inhoud reg is, gaan dit live. Maar ons werk stop nie daar nie. Ons bly beskikbaar vir ondersteuning, aanpassings en verbeterings soos jou besigheid groei, sodat jou digitale teenwoordigheid saam met jou kan ontwikkel oor tyd.
Ons glo geloofwaardigheid begin by duidelikheid. Jou aanlyn teenwoordigheid moet jou boodskap helder oordra en onmiddellike vertroue bou. Van jou webtuiste tot jou sosiale media, ons sorg dat kliënte vinnig verstaan wat jy bied, hoekom dit saak maak, en hoekom hulle jou moet kies.
Getuigskrifte
S
“Chante van Web Hut is ongelooflik. Ek het gesukkel met eindelose probleme op my webwerf, en Chante het dit volledig uitgesorteer. My webwerf werk nou pragtig. Fantastiese diens! Baie, baie gelukkig.”
Sharon Dill – Johannesburg Hypnosis
W
“Ek kan Web Hut enige tyd aanbeveel! Chante se diens is professioneel, sy is baie kundig en het bygedra tot die sukses van ons maatskappy se webwerf!”
Wilna Dreyer – Multispray
Y
“Chante by Web Hut is baie professioneel, innoverend en doeltreffend. Sy reageer onmiddellik en is ’n groot plesier om mee saam te werk. Ek sal Web Hut enige dag aanbeveel.”
Yvett Steyn – SôR Salon
Pryse & Pakkette
Ons pryse is gestruktureer om duidelikheid en buigsaamheid te bied. Of jy ’n eenmalige webwerf benodig of ’n langtermyn oplossing met ondersteuning en optimalisering, ons help jou kies wat reg is vir jou besigheid.
Spaar met ’n maandelikse pakket
Basies
R500/ maand
- Professionele 3–5 bladsy WordPress-webwerf
- Mobiel-vriendelike ontwerp
- Basiese SEO-instellings (titels, meta, indeksasie)
- Kontakvorm en oproep-aksies
- Basiese sekuriteit en spoed-instellings
- Oplewering gereed om live te gaan
- Webwerf-analise
- 1 uur inhoudsopdaterings per maand
- Standaard ondersteuning
Besigheid Groei
R750/ maand
- Alles Basies, plus:
- Uitgebreide SEO-opstelling (bladsy-struktuur, interne skakels, sleutelwoorde)
- ChatGPT / AI-soekoptimalisering (duidelike antwoorde, struktuur, semantiek)
- Google Search Console & Analytics integrasie
- Verbeterde spoed en tegniese optimalisering
- Verbeterde spoed en tegniese optimalisering
- Webwerf-analise
- 1 uur inhoudsopdaterings per maand
- Standaard ondersteuning
E-Handel
R1200/ maand
- WooCommerce-opstelling
- Betalings- en afleweringsopstelling
- SEO vir produkte en kategorieë
- Mobiel-vriendelike winkelervaring
- Basiese opleiding vir gebruik
- Sekuriteit en prestasie-optimalisering
- Webwerf-analise
- 1 uur inhoudsopdaterings per maand
- Standaard ondersteuning
Basies
R5000Eenmalig
- Professionele 3–5 bladsy WordPress-webwerf
- Mobiel-vriendelike ontwerp
- Basiese SEO-instellings (titels, meta, indeksasie)
- Kontakvorm en oproep-aksies
- Basiese sekuriteit en spoed-instellings
- Oplewering gereed om live te gaan
Besigheid Groei
R9500Eenmalig
- Alles Basies, plus:
- Uitgebreide SEO-opstelling (bladsy-struktuur, interne skakels, sleutelwoorde)
- ChatGPT / AI-soekoptimalisering (duidelike antwoorde, struktuur, semantiek)
- Google Search Console & Analytics integrasie
- Verbeterde spoed en tegniese optimalisering
- Verbeterde spoed en tegniese optimalisering
E-Handel
R15000Eenmalig
- WooCommerce-opstelling
- Betalings- en afleweringsopstelling
- SEO vir produkte en kategorieë
- Mobiel-vriendelike winkelervaring
- Basiese opleiding vir gebruik
- Sekuriteit en prestasie-optimalisering


























